Ek sukkel om te konsentreer op my werk
Jy sit by jou lessenaar. Die boek is oop. Jou pen is reg. En tog…
Jy lees dieselfde sin drie keer. Jou gedagtes dwaal. Jou been klop teen die vloer. En jy wens jy kon net “inskop”.
Jy is nie lui nie. Jy het net nog nie geleer hoe om aandag te hou wanneer jy nie lus is nie. Konsentrasie is nie iets waarmee jy gebore word nie—dit’s iets wat jy oefen. Soos spiere in die gym.
Wat maak dit moeilik om te konsentreer?
-
Jy kry te min slaap (ja, dit tel!)
-
Jy probeer multitask—TikTok oop, WhatsApp aan, boek halfpad.
-
Jy het nie jou brein “geaktiveer” voordat jy begin het nie.
-
Jy het geen plan nie—jy probeer alles tegelyk doen.
Klink dit soos jy?
Wat help regtig?
1. Beweeg eers jou lyf.
Voordat jy werk, doen iets wat jou brein wakker maak. Spring tou, stap vinnig, klim trappe. Fisieke aktiwiteit help om fokuschemikalieë in jou brein te aktiveer.
2. Werk in kort sessies.
Probeer die “Pomodoro”-metode: 25 minute werk, 5 minute rus. 3 rondtes later, vat ’n langer breek. Dit gee jou brein iets om na uit te sien.
3. Skep ’n “leerhoekie”.
Werk op een plek waar jy nie iets anders doen as leer nie. Moenie op jou bed werk nie—jou brein assosieer dit met slaap.
4. Doen een ding op ’n slag.
Regtig. TikTok kan wag. Jy gaan vinniger klaar wees as jy jou aandag net aan een taak gee.
En as jy nogsteeds sukkel?
Dis moontlik dat jy nie net aandag verloor nie, maar dat jou brein sukkel om betekenis te maak uit wat jy lees. Baie kinders met leesagterstande sê hulle verloor fokus, maar eintlik verloor hulle begrip.
✅ Oplossing?
Laat jou leesvlak toets. Stimulus Maksima! bied vinnige assesserings wat kan wys of konsentrasie jou probleem is—of iets dieper lê.
Jou brein wil fokus. Jy moet hom net help leer hoe.









Comments
Comments are closed.