My kind wil sport doen – hoe motiveer ek hom/haar om ’n liefde vir lees te ontwikkel?
Jou kind hardloop vinniger as jy ooit kon.
Hy of sy het uithouvermoë, ‘n sin vir spanwerk, en selfdissipline…
Behalwe as dit kom by lees.
Dan’s dit soos trek aan ’n os: “Lees is ‘boring’, Ma.”
⚽
Maar hier’s die goeie nuus:
Lees en sport is nie vyande nie. Hulle’s spanmaats.
Sterk lesers is sterker sportmense. Want:
-
Hulle verstaan instruksies vinniger
-
Hulle ontleed strategieë beter
-
Hulle onthou reëls makliker
-
Hulle bou fokus en konsentrasie
En dis net die begin.
Hoe ontwikkel jy ’n liefde vir lees in ’n sportiewe kind?
1. Koppel lees aan sport.
Biografieë van hul sporthelde, sporttydskrifte, wedstrydverslae. Dis “hulle wêreld” in woorde.
2. Laat hulle vir jou hardop lees.
’n Sportverslag of interessante artikel. Dit bou vlotheid en ’n gevoel van trots.
3. Gebruik die tyd voor julle slaap slim.
Ná oefening is die brein rustiger. Lees eerder as skermtyd voor julle gaan slaap.
4. Verduidelik die voordeel van lees.
Verduidelik hoe lees hulle spel, fokus en besluitneming in sport kan verbeter.
5. Moenie dwing nie—moedig aan.
Gee keuses. Bou gewoontes. Verander die “moet” in ’n “wil”.
By Stimulus Maksima! werk ons graag met kinders wat bal-gooi eerder as boek-lees verkies. En ons sien dit keer op keer:
Wanneer jy lees relevant maak, word dit ‘n voorliefde.
’n Goeie sportman lees die spel. ’n Goeie leerder lees die wêreld.









Comments
Comments are closed.