Hoe gaan ek weet of ek agter is met lees?
Nie elke kind hou van lees nie. Dis normaal.
Maar daar is ’n verskil tussen “ek hou nie van lees nie” en “ek kan nie goed lees nie.”
En as jy agter is met lees, is dit nie altyd maklik om dit self raak te sien nie.
Jy’t dalk geleer om “deur te druk” of sin te maak uit konteks.
Maar diep binne weet jy: Ek lees stadiger. Ek sukkel met vrae. Ek voel agter.
Tekens dat jy dalk ‘n lees-agterstand het:
-
Jy lees stadig, selfs eenvoudige sinne
-
Jy moet tekste twee of drie keer lees om dit te verstaan
-
Jy sukkel om instruksies te volg—veral met toetse of take
-
Jy kry hoofpyn of raak moeg van lees
-
Jy vermy leeswerk, want dit voel soos ‘n stryd
Jy dink dis konsentrasie, of jy’s “nie ’n boekmens nie.” Maar eintlik’s dit ’n vaardigheidsgaping.
Hoekom maak dit saak?
As jy nie verstaan wat jy lees nie, sukkel jy met elke ander vak.
Jy sukkel om notas te maak, om vrae te beantwoord, om logies te dink.
En met elke jaar raak die gapings groter.
Maar hier’s die goeie nuus:
Dis nooit te laat om jou leesvlak te toets nie. En dis makliker om in te haal as jy weet waar om te begin.
Wat nou?
-
Moenie raai nie—meet. Doen ’n eenvoudige leesvlaktoets soos dié van Stimulus Maksima!
-
Werk slimmer, nie harder nie. Begin met kort sessies wat fokus op vlotheid én begrip.
-
Bou jou vertroue. Hoe meer jy verstaan, hoe lekkerder raak lees.
Jy hoef nie agter te bly nie. Jy hoef net te weet waar jy is—en waar jy wil wees.
En daarmee help ons jou graag.









Comments
Comments are closed.