stimulus_masthead

stimulus_logo
  • An Image Slideshow
  • An Image Slideshow
  • An Image Slideshow
  • An Image Slideshow
clouds

Wall of Fame

Geluk aan Adri Brits van Hoërskool Fichardpark!

Adri Brits is tans 'n Graad11 leerling aan die Hoërskool Fichardtpark. Sy het die ATKV-prys vir kinder en jeugverhale van 2011 gewen. Adri was in haar laerskooldae ingeskryf vir lees by ons. Sy het ‘n liefde vir lees ontwikkel en toe al begin om verhale te skryf.

 

Sy het in Graad 8 en 9 by Jan de Klerk in die hoërskool Afrikaans en Engels lees geneem. Stimulus Maksima! wil haar graag gelukwens met haar prestasie. Ons is bly dat ons program vir haar iets kon beteken.

 

Colette Avenant maak van uitdagings pret!

Colette Avenant, ‘n graad 3 leerling van Laerskool Magalieskruin, lees met gemak 272 woorde per minuut en dít op graad 6 vlak!

 

Haar leesspoed is volgens verwagting die van ‘n graad 12 leerling en sy het al reeds drie keer in ‘n ry 100% behaal op graad 6 vlak. Dit beteken dat sy nog lank nie haar plafon bereik het nie. Daar is intussen veneem van die Leessentrum Konsultant Magriet van der Merwe dat Colette intussen opgeskuif het na vlak7!

 

Hierdie sonnige dogter hou van uitdagings en doen alles met oorgawe. Sy doen redenaars en voordrag, maar hou ook daarvan om aktief te wees, aangesien ballet en trampolien ook deel uitmaak van haar naskoolse aktiwiteite. Tussen in lees Colette om en by vier boeke ‘n week. Sy hou van Saartjie en Reënboogland boeke.

 

Met so ‘n vol program is dit geen wonder dat sy so vinnig kan lees nie! Ons is trots op jou Colette jy gaan nog baie hoogtes bereik! Hou so aan!

Hartlike geluk Colette!

 

Elzeni Lategan

Konsessiehouer: Stimulus Maksima!® Pta Moot

Join our Facebook conversation!

footerbar2