Ons benadering...
Ons stel die ontwikkeling van die student as individu voorop deur:
-
Oordra van lewenswaardes op 'n Christelike grondslag;
-
Uitmuntende diens regdeur die onderneming;
-
Voortdurende personeelontwikkeling;
-
Innoverende produkte wêreldwyd.
Ons gebruik spesialis opleiers en terapeute tydens opleiding en ontwikkeling in die uitlewing van ons passie namens om elkeen wat wil, van diens te wees en by te staan om persoonlike groei te ondervind in die uitlewing van hom of haar se God gegewe potensiaal.
Ons konsep behels die volgende:
-
Bepaal die lees ouderdom van leerders deur die gebruikmaking van internasionaal aanvaarbare standaarde;
-
Geletterheid ontwikkeling deur leesontwikkelingsprogramme;
-
Betroubare, meetbare resultate;
-
Monitering van die ontwikkelingsprosse.
Ons maak voorsiening vir die leer-lees fase sowel as lees ontwikkeling wat integreer met die kurrikulum uitkomste van Graad R tot 12. Al die kursusse is outomaties remedieërend en sluit 'n assesseringstelsel en vorderingsverslag in wat onmiddellik beskikbaar is.
Ons doelgerigte rekenaargesteunde leer materiaal maak 'n aansienlike bydrae tot die ontwikkeling en uitbreiding van leesvaardighede. Die geletterdheidsvlak en leesvaardighede van leerders verbeter snel en noemenswaardig. In menige gevalle het leerders wat nie in staat was om hulle handboeke of vraestelle te lees nie, onafhanklike leerders geword binne een skoolkwartaal.
Ons voorsien die volgende unieke fasiliteite:
-
Differensieër in detail tussen leerder, klas en graad;
-
'n Omvattende "leer om te lees" reeks;
-
Detail verslaggewing;
-
Onderwyser beheerde funksies is moontlik;
-
Alle lesse is beskikbaar in gedrukte formaat;
Van toepassing op die volgende gevalle:
Leerders wat leer om te lees.
Leerders wat ondersteuning nodig het.
Leerders wat leergeremd is.
Leerders wat 'n behoefte het om beter te presteer as hulle graad.





Wie is ons?