|
Ons rekenaargesteunde onderig konsep is in 1990 ontwikkel op 'n klein dorpie, Coligny, in die Noordwes provinsie van Suid Afrika, deur Lotta Engelbrecht.
Die konsep is in 1995 in bedryf gestel en die eerste kurses het in Coligny begin met 14 kleuters. Die sukses behaal deur die Stimulus Maksima! konsep het gelei tot die registrasie van 200 leerders teen die einde van 1995. Die eerste konsessie open sy deure gedurende Januarie 1996.
Huidiglik bedryf ons een-en-twintig konsessies landswyd, en word 'n diens van uitstekende gehalte aan meer as 40 000 leerders regoor Suid Afrika gelewer.
Ons is ook by wyse van sendingwerk betrokke in verskeie Afrika lande, sowel as Madagaskar.
|