Jongste Nuus
Stimulus Maksima! open in Middelburg, Mpumalanga - 08 November 2011
Baie geluk en hartlik welkom aan Judy van Deventer wat 'n Stimulus Maksima! konsessie in Middelburg, Mpumalanga open met ingang vanaf 08 November 2011.
Nuwe eienaar Stimulus Maksima! in Centurion - 16 Julie 2011
Hartlik geluk en welkom aan Christa Strydom wat die Stimulus Maksima! konsessie in Centurion oorneem met ingang vanaf 16 Julie 2011.
Geluk aan Adri Brits van Hoërskool Fichardpark! - 28 Julie 2011
Adri Brits is tans in Gr.11 in Hoërskool Fichardtpark. Sy het die ATKV-prys vir kinder en jeugverhale van 2011 gewen. Adri was in haar laerskooldae ingeskryf vir lees by ons. Sy het ‘n liefde vir lees ontwikkel en toe al begin om verhale te skryf.
Sy het in Graad 8 en 9 by Jan de Klerk van Stimulus Maksima! Bloemfontein Afrikaans en Engels lees geneem. Stimulus Maksima! wil haar graag gelukwens met haar prestasie. Ons is bly dat ons program vir haar iets kon beteken.
Stimulus Maksima! raak betrokke in die vervaardigingsbedryf - 10 Junie 2011
Jonkersailplanes, wêreldklas vervaardiger van sweeftuie, het die leesvaardigheid van hul werknemers as 'n uitdaging geïdentifiseer en Stimulus Maksima! gekontak om hulp. Die resultaat is 'n vennootskap waarin die werknemers van Jonkersailplanes bygestaan gaan word om hul leesvaardigheid te verbeter. Die Stimulus Maksima! leesverbeteringsprogram, Reading Rocket, gaan ook aangepas word met die doel om begrip en insig in spesifieke opleidingsprogramme waar te neem en te verbeter.
Jonkersailplanes is geleë in Potchefstroom in die Noordwes Provinsie.
Stimulus Maksima! open in Benoni - 24 Junie 2011
Hartlik geluk en welkom aan Trudi le Roux wat 'n nuwe Stimulus Maksima! konsessie open in Benoni met ingang vanaf 24 Junie 2011.





Jongste Nuus